top of page

ONS
BEDIENINGE

Sien waar jy kan inskakel by ons gemeente

323134339_921400492536283_3183882243046971905_n.jpg

Die aanbidding en -tegniese span funksioneer saam. Ons oefen weekliks saam op Dinsdae aande waar ons musikaal en persoonlik toegerus word. 

 Hier kan jy kom inskakel om jou passie vir musiek, sang of die tegniese uit te leef.

AANBIDDING & TEGNIES

Aanbidding
Red Rose

Arise is ons vrouebediening wat eenmaal per kwartaal ontmoet. Dit is hier waar ons vroue opgebou, gemotiveer en bemoedig word vir die belangrike rol wat hulle speel.

ARISE

Arise
Distanced Couple

Indien jy deur ‘n egskeiding gaan of gegaan het en sukkel om weer jou ewewig te herwin, is Divorce Care vir jou.  Hier kry jy ondersteuning, raad en bystand.

DIVORCE CARE

Divorce Care

Indien jy meer wil leer oor God, Sy natuur, en Sy plan, dan is EMET Bybelskool waar jy moet wees. Enige iemand is welkom om in te skryf.

EMET

EMET

Ons is bewus dat tieners die toekoms van ons land is. Ons hart is om te sien en te ervaar hoe hulle in verhouding met God beweeg en dan ontwikkel en groei met alles wat Hy vir hulle in plek het. Hierdie bediening is die plek waar hulle liefde en groei sal ervaar. Ons ontmoet elke Vrydag 18:00 by die kerk en ons kan nie wag om jou daar te sien nie.

EPIC JEUG

EPIC JEUG
312239272_5510516849064188_8069320528340098682_n.jpg

FRONTLINE YOUNG ADULTS

Soos Efesiërs 2:10 sê: “ons is gemaak vir 'n tyd soos hierdie om die goeie werke te doen wat God vir ons vooruit beplan het”. Ons begin op 26 Januarie 2023  om meer intens in die woord te wandel, uit te reik, en ons verhouding met mekaar en God te versterk.

FROTIER
Thinking Man on Couch

Grief Share sessies word bespreek vir persone en kinders wat dit moeilik vind om die dood van ‘n geliefde te verwerk. Indien jy ‘n veilige plek soek om die rouproses te verwerk en weer vorentoe te kan beweeg, is hierdie nou tyd om jou private sessie te bespreek.  

GRIEF SHARE

GRIEF SHARE
309211847_5428078180641389_1644870269838430529_n.jpg

Kinderkerk is die beste plek vir alle kinders op 'n Sondag. Dis hier waar ons help om die grondslag te leer oor God-, Sy hart, en om saam te aanbid en nuwe vriende te maak!

KINDERKERK

KINDR KER
286996480_5111817975600746_6960913599704789921_n.jpg

Maksimus Manne is ons Manne groep wat een keer 'n kwartaal bymekaar kom. Die aande is vol pret, goeie gesprekke, en eenheid saam met God.

MAKSIMUS MANNE

MAKSIMUS MANNE

Ons het 'n spesiale diens elke Dinsdag om 09h30 vir alle Pensionarisse.  Hier word ook koffie gedrink, gesels en nuwe vriende gemaak.

SILWERKRONE

SILWERKRONE
Holding Hands

SOZO is 'n veilige plek waar jy genees, bevry en gered word deur innerlike genesing.  Kom ruil die leuens wat jy dalk glo vir God se waarhede, en leer hoe om tegnieke te beoefen om deur seer en teleurstelling te werk. Bespreek jou private sessie nou.

SOZO

SOZO
Therapy session

TRAUMA

Trauma loop met jou ’n pad (met of sonder jou toestemming). Die belangrike is nie die pad wat trauma met jou volg nie, maar hoe jy jou trauma bestuur.   Indien jy ‘n slagoffer is van een of ander traumatiese gebeure waarin jy skok, pyn en seer deurentyd ervaar, kan jy ‘n private sessie/sessies bespreek waarin ons jou kan help.

TRAUMA
Woman with Bible

Ons voorbidders het die belangrike taak om ons gemeente, personeel, bestuur en George in geheel in gebed te dek. Hulle ontmoet elke Woensdag oggend 09:00 by die kerk. Enige iemand is welkom om aan te sluit.

VOORBIDDERS

VOORBIDDERS
Image by Priscilla Du Preez

Vroue van Sion is 'n ondersteuningsgroep vir vroue wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het. Hulle ontmoet een Saterdag per maand saam met heerlike koffie by die kerk om mekaar te ondersteun in gebed en vriendskap.

VROUE VAN SION

VROUE VAN SION
bottom of page