top of page

om god te sien werk in en deur ons

Baie welkom by Soteria Gemeente.

 

Ons droom vir jou is dat jy saam met ons op ‘n ondekkingsreis sal gaan waar jy Hom duideliker sal sien in jou daaglikse lewe en dat jy diep bewus sal wees van Sy werking in en deur jou sodat jy persoonlik heel en vry sal wees en ‘n  impak kan maak waar jy ookal gaan. Ons almal is opsoek na iets in die lewe...

 

Ons soek na geluk, heling, sin, betekenis, vervulling en om iets groter met ons lewens te doen.

 

Ons glo hier by Soteria Gemeente, dat jy daardie lewe wat jy nog altyd na gesmag het, in Christus sal vind en saam met almal ‘n triomfanklike reis sal ervaar.

​

Groete

Riaan & Suzelle

ONS WAARDES

    1. Rentmeesterskap

“Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”

Mattheus 4:4

​

    2. Groei

Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus

- 2 Petrus 3:18

​

“En Jesus het toegeneem in wysheid (in broad and full understanding) en grootte en in genade by God en die mense.”

Lukas 2:52

​

    3. Impak

“En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.”

Galasiërs 6:9

Sodat die wêreld kan Sien dat U my gestuur het.

- Johhanes 17

​

    4. Belewenis

“Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.”

- Job 42:5

​

    5. Waarheid

“En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

- Johannes 8:31–32

​

    6. Familie

“Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.”

- Galasiërs 6:2

How wonderful and pleasant it is when brothers live together in harmony! For harmony is as precious as the anointing oil

- Psalm 133

323412032_556859969455940_4506705657596207926_n.jpg
FINANSIES

Daar is sisteme van kontrole binne Soteria Gemeente wat verseker dat die geld wat jy gee verantwoordelik en oordeelkundig aangewend en bestuur word:

​

-  ’n Raad van Bestuursraadslede wat strategies die rigting en syfers ontleed asook advies gee maandeliks

-   ’n Bestuursraad wat 2 maandeliks vergader wat die doelwitte en uitkomste bestuur 

-    ’n Finansbeampte wat daaglikse kontrole toepas

-    ’n Jaarlikse oudit van ons finansies deur die AGS van SA

​

Ons is verbind tot finansiële deursigtigheid – maak gerus kontak met Riaan indien jy enige navrae het.

bottom of page